Tuis Blad Die Klub Kompetisies Nuus Gallery Ruil of Koop 19de Putjie Kontak Ons

ALBATROS HELDERBERG GHOLF KLUB NUUS

Nuwe datums vir oktober en november kompetisies

Lede moet daarop let dat die datums vir beide die Erinvale kompetisie in Oktober en die Paarl kompetisie in November verander het. Die Erinvale Kompetisie vind nou plaas op Sondag 13 Oktober 2013, en die Paarl kompetisie op Sondag 17 November 2013.

‘N WOORD VAN DIE VOORSITTER

Gun my asseblief ‘n oomblik om die bestuur van Albatros Helderberg 2013 baie dankie te sê vir hul hulp en vriendskap die afgelope jaar. Dit was en is altyd ‘n vooreg om saam met julle te kon dien op die bestuur en om aan die uitbouing van Albatros Helderberg te werk. Baie geluk en voorspoed aan die  nuwe bestuur van Albatros Helderberg soos gister op die Algemene Jaarvergadering verkies is:


ALBATROS HELDERBERG GHOLFKLUB BESTUURSKOMITEE 2014


Voorsitter:                                                Heinrich Kilpert

Onder Voorsitter:                                       Eldred Britz

Klubkaptein:                                              Roger Williams

Sekretaris:                                                Paul Kilpert

Komitee Lid (Fondse & Borgskappe)              Henno Botha

Komitee Lid (Saamtrek & Wegbreek)             Cassidy Carolus

Komitee Lid (Webtuiste & Bemarking)           Barry Gerber


Aan die nuwe verkose bestuurslede wil ek ook net graag baie geluk sê en jul voorspoed toewens met jul verkose take.


Geluk ook aan die volgende lede wat dan die onderskeie trofees ontvang het gedurende ons Algemene Jaarvergadering:


“Speler van die Jaar 2013”                           Roger Williams


“Speler van die Saamtrek 2013”               Charles du Plessis


Uitslag van erinvale kompetisie sondag 13 oktober 2013

Baie geluk aan Carel Jordaan wat die Erinval kompetisie gewen het met 38 Stableford punte, een hou agter hom was Bertus van Zyl, en nog een hou verder terug op 36 punte was Eldred Britz, vir die volledige uitslae sien die kompetisie bladsy.

Uitslag van WORCESTER kompetisie sATERDAG 26 oktober 2013

Baie geluk aan Cassidy Carolus wat die Worcester kompetisie gewen het met 40 Stableford punte, vyf hou agter hom was Bertus van Zyl in die tweede plek met 35 punte, Eric Mekel was derde ook met 35 punte. Vir die volledige uitslae sien die kompetisie bladsy.